Ons help jou die padkaart lees om dié wat voor jou hier was te vind
InSepiaInk bied die volgende aan
Leer Genealogie
Ons sal vir jou die basis leer van stamboomnavorsing om sodoende jou voorvaders te
vind. Dit sluit blootstelling aan 'n verskeidenheid, meestal, vrye inligtingsbronne vir jou
navorsing in en om jou te leer hoe om hulle effektief te gebruik.
Jy sal leer oor 'n aantal instansies wat jou DNS kan toets en die dienste wat
hulle aanbied as 'n addisionele hulpmiddel tot jou navorsing.
Metodes word aangeleer om geskiedkundige kennis vanaf jou lewende familielede te bekom en om jou eie
inligting vir toekomstige lede te stoor.
Vind Dokumente
Ons kan names jou, jou voorvaders se dokumente opspoor en/of jou stamboom opbou.
Neem kennis dat InSepiaInk se besigheidsmodel fokus daarop om jou die basiese beginsels van Genealogie aan te leer,
aangesien dit jou die meeste waarde vir geld bied. Indien jy egter meer hulp van ons verwag om namens jou te soek, is ons ook tot jou diens.