InSepiaInk is gestig met die doeleinde om meer te leer oor ons verlede, selfs van voor ons geboorte.
Genealogie gee ons toegang tot die gesamentlike geheue van ons voorvaders en hul versameling foto's, dokumente en rekords.
Ons sal jou help toegang kry tot jou eie bloedverwante voorsate, sowel as die aangetroudes, se lewens, deur die inkspoor wat hulle agtergelaat het.
Noeleen Lesch
Ek het vir 'n paar jaar met Genealogie rondgespeel as 'n stokperdjie, maar sedert ek verlore
familielede begin najaag het, het my kennis van verskeie historiese bronne en wat hulle kan bied, drasties begin toeneem. Ek het regdeur Suid-Afrika
rondgereiss op 'n soektog om dokumente te vind vanuit regsgeboue, argiewe, biblioteke en dorps-musuems naby my voorvaders se woongebiede.
Dit het my gelei tot 'n familielid van my wat oorsee getrek het jare gelede. Met behulp van
moderne media kon ek in kontak met haar kom en sodoende 'n vriend, en nou geliefde familielid, vind wie toe later uitdraai om
ook 'n Genealogie aanhanger te wees.
Hierdie was 'n ervaring soos geen ander nie. Daardeur is my passie gebore om ander te help om die legendes in hul eie stambome op te spoor.